Thursday, 9 October 2014

Toe het ek geweet...

Ek was altyd lief vir sport en toe ek in graad drie was het ek netbal vir die eerste keer gespeel. Die afrigter het vir my gesê: "Jy is baie lank, jy moet die doel verdedig. Jy sal goed daarmee wees." Omdat ek niks anders geweet het nie, het ek maar net "Ja juffrou" gesê en na die ander kant van die kourt gegaan.

Ek was baie goed en was al in baie kompetisies. Eendag, lank gelede was ek deel van ń span wat na Port Elizabeth gegaan het om in ń netbal toernooi te speel. Ons het in ń baie mooi bus gegaan en dit was wonderlik om met my vriende te wees. Toe ons in die toernooi speel, het ons baie goed gedoen en ons afrigter was baie trots op ons.

Op ons tweede dag, na die toernooi, het my vriend die doel, haar enkel gebreek en daar was niemand anders wat in haar plek kan speel nie. Die span was so teleurgesteld, maar ons afrigter, het ń idëe gekry, om my in haar plek te laat speel.

Sy het vir my gesê: "Amy, ek weet dat jy nog nie die doel posisie gespeel het nie maar ons het nie ń keuse. Kan jy asseblief daar gaan speel, ek glo dat jy dit kan doen." Ek was bang, want ek het gedink dat ek sleg sal doen, en my span sal kwaad met my wees.

Ek het op die kourt gegaan, en my hart het so hard geklop, dat ek dit in my ore kan hoor. Ek het toe uitgevind dat ek veniet bekommerd was, en ek het geweet dat ek presies was waar ek hoort.

1 comment: